20110809-231334.jpg

Orania

Welkom in die Afrikanertuiste!
Langs die dig beboste oewer van die Oranjerivier, tussen die koppies en uitgestrekte velde van ’n sprokieswêreld Karoolandskap, wag ‘n unieke ervaring op die besoeker in die hartland van die Afrikaner.

Orania is meer as net ‘n pragtige dorp met talle besienswaardighede, gasvry inwoners en prettige aktiwiteite vir jonk en oud. Orania is die hartklop van die Afrikaner se vryheidsideaal, die verwesenliking van ons volk se eeue-oue hunkering na ‘n plek in die son waar ons onbeskaamd ons geloof, taal, tradisies en kultuur kan uitleef.

Orania is ook meer as net ‘n gemeenskap. Orania is die groeipunt van ons eie selfstandige Afrikaner Republiek waar ons ons eie lot kan bepaal en met trots die Afrikaner in ons eie volkstaat kan bemagtig.

‘n Besoek aan Orania is ‘n ervaring wat ’n mens van meet af vul met sielerus en hoop, maar terselfdertyd ook met ’n energie wat ons laat besef wat werklik bedoel word met Afrikaner-vryheid.

Besoek Orania in styl

Die pragtige Orania Oewerhotel en Spa is geleë op die boomryke oewer van die Oranjerivier in die pragtige Bo-Karoo. Ons gaste word bederf met luukse 4ster geriewe en die einste vriendelike Afrikaanse gasvryheid waarvoor Orania wêreldwyd bekend staan.

Die Orania Oewerhotel en Spa bied 12 stylvol versierde kamers met en-suite-badkamers. Ons idilliese ligging is perfek vir ‘n ontspanne wegbreekkans vir die familie, asook ‘n romantiese ontsnapping saam met die spesiale persoon in jou lewe. Chalets is ook beskikbaar op aanvraag.

Posted in Uncategorized | 1 Kommentaar

Carel Willem Hendrik Boshoff

Coat of Arms of South Africa from 1932 to 2000.

Image via Wikipedia

Carel Willem Hendrik Boshoff is op 9 November 1927 op die plaas Doornfontein naby Nylstroom gebore. Hy was die tweede kind van Willem Sterrenberg Boshoff en Anna Maria (Annie) Boshoff. Annie was Willem se tweede vrou en Carel was een van sewe kinders. Willem en sy eerste vrou het ses kinders gehad.

Boshoff het teologie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en het sy BA-graad in 1948 ontvang. In 1951 het hy sy Baccalaureus Divinitatis graad behaal en in 1961 ‘n meestersgraad in missiologie behaal met die titel van sy proefskrif Streeksontwikkeling in die Sekokoro-, Mamathola- en Mametsa-gebied deur die Departement van Bantoe-Administrasie en -Ontwikkeling, sosiologies en volkekundig beoordeel.

In 1967 het hy die departement Sending- en Godsdienswetenskap aan die Fakulteit Teologie van die UP tot stand gebring. Voor die tyd het hy in verskeie afgeleë plekke in die Transvaal sendingwerk gedoen en het gevolglik vlot Sepedi (Noord-Sotho) gepraat. Hy was ook die Sekretaris van Sendingwerk van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Transvaal.

Boshoff se vrou Anna, met wie hy in 1954 getrou het, is in 2007 oorlede. Sy was die dogter van Hendrik Verwoerd. Van 1981 tot 1989 was Boshoff die leier van die Voortrekkerbeweging en was tot sy ‘n ere-lid van dié organisasie. Hy was verder ook die voorsitter van die Afrikaner Broederbond (van 1980 tot 1983) en van SABRA van 1970 tot 2007. Hy was ook leier van die Vryheidsfront Plus in die Noord-Kaap sedert 1994, totdat hy deur sy seun in die pos opgevolg is.

In 1988 was Boshoff een van die Afrikaner Vryheidstigting (AVSTIG), alhoewel hy hoofsaaklik bekend is as die stigter van Afrikanerdorp, Orania, in 1990. Dit is gestig met die doel om dit in ‘n volkstaat uit te brei. Tot en met 2007 was Boshoff die president van die Orania Beweging, toe hy ook deur sy seun, Carel Boshoff IV, opgevolg is.

Boshoff is op 16 Maart 2011 op 83-jarige ouderdom aan kanker oorlede. Hy is aanvanklik vir dermkanker gediagnoseer, maar dit het sowat twee weke voor sy dood na sy ander organe versprei.

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Hier by die Huis

Een oggend vroeg geneem in die winter…

Sommer so tussen deur alles.  Het nogal’s lank gewag vir die duif.

Geneem met my iPad

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Mooi foto

20110801-203849.jpg

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Die Doel

20110801-222550.jpgDie doel van Orania, volgens sy stigters, is om ‘n dorp te skep waar die beskerming van Afrikanerdom se kulturele erfenis sterk onderstreep word en Afrikaner-selfwerksaamheid ‘n daaglikse beoefening word, en nie net ‘n idee bly nie.

Alle werk, van bestuur tot handewerk, word deur Afrikaners vervul. “Ons wil nie bestuur word deur mense wie nie Afrikaners is nie,” sê Potgieter. “Ons kultuur is besig om onderdruk te word, en ons kinders word gebreinspoel om Engels te praat.” Geen nie-Afrikaners word toegelaat om op die dorp te woon of daar te werk nie, met die argument dat hul teenwoordigheid strydig is met die idee van Afrikaner selfwerksaamheid.

Die dorp geniet ‘n baie lae misdaadsyfer – klein oortredings word deur die maatskappy hanteer, meestal in die vorm van klein boetes.

Vermeende toenemende belegging en ekonomiese vooruitgang op Orania lei na bewering tot voortdurende groei van die Afrikanertuiste se bevolking.

Posted in Die Doel | Lewer kommentaar

Orania – Die Begin

Hendrik Verwoerd (south african prime minister...

Image via Wikipedia

In Desember 1990 het sowat 40 Afrikanergesinne onder leiding van Carel Boshoff, die skoonseun van die voormalige SA eerste minister Hendrik Verwoerd, die vervalle ou nedersetting vir sowat R1,5 miljoen gekoop. 

Dit was ‘n paar maande ná die afskaffing van die Apartheidswetgewing en die vrylating van Nelson Mandela. Die dorp word privaat besit deur die Vluytjeskraal Aandeleblok-maatskappy, wat ook die dorp bestuur. 

Ook betrokke by die bestuur van die dorp is die Orania Beweging, ’n Afrikaanse kultuurpolitieke beweging wat hom beywer vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ’n eie, demokratiese Republiek wat ingerig word op grond van Christelike waardes en oortuigings.

Posted in Orania | Lewer kommentaar

Hallo Wereld!

Die Foto van Wikipedia

Ek het gevoel die tuiste moet geskep word vir al die mense daar buite wat graag hul kennis met ons wil deel rakende Orania en omgewing.

Pos asseblief enige nuus of fotos wat u tot u beskikking het en sluit aan as u n E-Pos adres het. Stuur ook vir u vriende en familie.

 

Ons almal weet Orania het baie potensiaal en so min mense weet regtig wat daar gebeur.

Kom ons kyk of ons meer mense se belangstelling kan prikkel om julle dorpie te kom besoek!

 

Continue reading

Posted in Orania | 1 Kommentaar