Carel Willem Hendrik Boshoff

Coat of Arms of South Africa from 1932 to 2000.

Image via Wikipedia

Carel Willem Hendrik Boshoff is op 9 November 1927 op die plaas Doornfontein naby Nylstroom gebore. Hy was die tweede kind van Willem Sterrenberg Boshoff en Anna Maria (Annie) Boshoff. Annie was Willem se tweede vrou en Carel was een van sewe kinders. Willem en sy eerste vrou het ses kinders gehad.

Boshoff het teologie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en het sy BA-graad in 1948 ontvang. In 1951 het hy sy Baccalaureus Divinitatis graad behaal en in 1961 ‘n meestersgraad in missiologie behaal met die titel van sy proefskrif Streeksontwikkeling in die Sekokoro-, Mamathola- en Mametsa-gebied deur die Departement van Bantoe-Administrasie en -Ontwikkeling, sosiologies en volkekundig beoordeel.

In 1967 het hy die departement Sending- en Godsdienswetenskap aan die Fakulteit Teologie van die UP tot stand gebring. Voor die tyd het hy in verskeie afgeleë plekke in die Transvaal sendingwerk gedoen en het gevolglik vlot Sepedi (Noord-Sotho) gepraat. Hy was ook die Sekretaris van Sendingwerk van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Transvaal.

Boshoff se vrou Anna, met wie hy in 1954 getrou het, is in 2007 oorlede. Sy was die dogter van Hendrik Verwoerd. Van 1981 tot 1989 was Boshoff die leier van die Voortrekkerbeweging en was tot sy ‘n ere-lid van dié organisasie. Hy was verder ook die voorsitter van die Afrikaner Broederbond (van 1980 tot 1983) en van SABRA van 1970 tot 2007. Hy was ook leier van die Vryheidsfront Plus in die Noord-Kaap sedert 1994, totdat hy deur sy seun in die pos opgevolg is.

In 1988 was Boshoff een van die Afrikaner Vryheidstigting (AVSTIG), alhoewel hy hoofsaaklik bekend is as die stigter van Afrikanerdorp, Orania, in 1990. Dit is gestig met die doel om dit in ‘n volkstaat uit te brei. Tot en met 2007 was Boshoff die president van die Orania Beweging, toe hy ook deur sy seun, Carel Boshoff IV, opgevolg is.

Boshoff is op 16 Maart 2011 op 83-jarige ouderdom aan kanker oorlede. Hy is aanvanklik vir dermkanker gediagnoseer, maar dit het sowat twee weke voor sy dood na sy ander organe versprei.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s